You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp

Liza en Carl van Niekerk woon tans in ‘n 25 m2-kamer – as dit so groot is. Daar is plek vir ‘n bed en ‘n kas. Die yskas en kruidenierskas – wat dolleeg staan – staan in die motorhuis wat voor die kamer geleë is. Alhoewel hulle baie dankbaar is vir die dak oor hulle koppe, wat goedgunstig deur ‘n gesin aan hulle beskikbaar gestel is, word hulle telkens herinner aan hoe hulle lewe voorheen was. As ‘n wel-af gesin, wat gewoon het in Durban, en lief was vir ‘karaoke’. Dis ook hier waar Liza bekendgestaan het as die ‘Country Queen van Durban’.

Carl en Liza is 44-jaar getroud, en ons kon sien hulle liefde vir mekaar is onwankelbaar. Selfs deur dit wat hulle toe sou tref. Carl het ‘n beroerte gely wat gevorder het tot dementia, waarna hy sy posisie in ‘n suksesvolle drukkersmaatskappy moes opgee. Liza het haar suksesvolle besigheid as motor-verkoopster laat vaar toe daar van haar gesteel is – van ‘n baie noue naasbestaande vir wie hulle net goed was. Carl en Liza het besluit om by Carl se dogter vanuit ‘n vorige huwelik te kom woon, en is sak en pak – met dit wat hulle oorgehad het – vanuit Durban Gauteng toe. Na ‘n paar maande, moes hulle uit die tydelike woning trek omrede Carl se dogter en haar gesin noodgedwonge moes verhuis. Liza het op sosiale media gevra of iemand vir hulle twee ‘n kamer het. Dis waar hulle tans woon.

Buiten onverwagse gebeure wat buite hulle beheer was, het die opdraende-pad voortgeduur, en is Liza met ‘n maagkanker gediagnoseer. Na ‘n operasie waartydens die helfte van Liza se maag verwyder moes word, is sy tans in remisie. Beide Liza en Carl sukkel tans met hulle gesondheid. Carl verstik aan vaste kos, en Liza het nie beheer oor haar metaboliese prosesse nie. Hulle ontvang ook net ‘n SASSA-toelaag, wat skaars die kruideniersware en hulle vervoerkostes dek – as hulle moet hospitaal toe gaan.

Hulle grootste wens is om terug te keer Durban toe, waar die tehuis langs die Addington-hospitaal is. GROOTfm 90.5 kon nie hulle help om terug te keer Durban toe nie, maar, ons kon hulle gaan sien, en raaksien! Ons kon nostalgies raak oor die lewe wat was, en oor hier waar hulle tans is. Dit is so, die onvoorspelbaarheid van die lewe is presies dit wat die lewe opwindend, tog senutergend maak. Liewe Liza en Carl, julle lewe is nie verby nie. Daar is nog vooruitsig. Julle het min, maar julle het hoop. Julle het mekaar. Julle het julle identiteit in Christus, julle Vader. ‘n Identiteit waarvan julle nooit gestroop sal word nie. Liza, jy is dalk nie meer die ‘Queen of Country’ nie, maar jy is en sal vir altyd jou Vader en jou man, Carl, se prinses wees.

Met behulp van SPAR, kon ons vir Liza en Carl ‘n R1 500-geskenkbewys neem. Dankie aan CANSA, Thea en Cisca, wat ons gehelp het met klere, ‘n ‘walker’ vir Carl, wortelsap, ‘meal replacements’ en vir julle liefde en ondersteuning. Ons kon ook vir Liza en Carl help met twee warm komberse en kruideniersware.

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply