You are currently viewing #JouMenseMyMense – Super Jace | 24 Julie 2024

#JouMenseMyMense – Super Jace | 24 Julie 2024

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Super Jace,  24 Julie 2024

Jace Hilse, of soos hy bekendstaan, “Super Jace”, is ‘n 4-jarige seun wat baie daarvan hou om superheld te speel! Jace is vanjaar in April gediagnoseer met B-sel Akute limfositiese leukemie (ALL) en met hierdie nuus het die familie nog ‘n knou gekry. Net om uit te vind dat hy net een van 3% van kinders in die wêreld is wat die genetiese leukemiemerker, genaamd die Philidelphia-chromosoom, het. Sy lyfie is baie sensitief vir die behandeling wat hy ontvang. Nadat ons dokter haar kollegas (wêreldwyd) geraadpleeg het, het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat immunoterapie Jace se beste opsie is, met die minste hoeveelheid newe-effekte en skade aan sy klein lyfie. Ongelukkig is die koste van immunoterapie redelik hoog, al het jy mediese fonds, is daar steeds kostes betrokke wat dit nie dek nie. Jace het ongeveer 2 siklusse immuno-terapie nodig. GROOTfm 90.5 het met Jace se ma, Chante Hilse gesels. Ons hoofdoel is om hierdie klein superheld alles te gee wat hy nodig het om die gesonde superheld te wees waarvan hy droom om te word. Jace mis die skool en speel saam met al sy vriende, ons hoop om hom sy kinderjare gouer terug te gee. Nie alle superhelde dra kappe nie, ons s’n het ‘n port.

Chante Hilse: (083 349 6849)

https://www.backabuddy.co.za/campaign/super-jace

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply