Daar is baie min woorde wat die waarde van ‘n pa in ‘n kind se lewe kan vasvang, maar Snotkop se lied “Song vir my dad” verduidelik dit nogal goed: “En al lê, al lê ‘n donkerwolk oor daai berg Weet ek, die son skyn altyd helder by Dad En al breek, al breek ‘n storm los oor die see Weet ek, My Pa sal altyd daar vir my wees En kom reënweer, op jou dagbreek, en soms hartseer, Weet net ek sal altyd daar wees, In onweer, kan niks my keer, want ek weet My pa het my van beter geleer” Ons het ‘n dag propvol avontuur gehad vir die wenner-pappas van die Groot FM 90.5 Vadersdagkompetisie, saam met Ruben Delmage en Arnold Geerdts. Mit-Mak Motors en twee van hul drywers het die pa’s hier by GROOTfm 90.5 se kantore kom oplaai met twee Ford Rangers. Van hier af is hulle na Amper Alles Mega Mica Silver Lakes waar hulle bietjie kon rondstap en toe ‘n lekker #DIY projek geniet het en die mooiste #BraaiBokse self aanmekaar gesit het, EN hulle het weggestap met ‘n splinter nuwe Topline gereedskapskis! Hierna is almal saam na La’WiiDA Lodge toe waar ons vir Nico van Laser Adventures ontmoet het en die pa’s bietjie hul laser-skyfskiet “skills” kon bewys! – Arnie en Rubs het dié nou baie geniet – Arnie ons weet as mense kroek! Hierna is almal na die La’WiiDA Lodge lapa waar middagete, die beste braaivleis wat ons in ‘n lang tyd gehad het, bedien was saam met ons vriend die mak “muffin” meerkat wat kom geselsies maak het. Die wildsrit na middagete was net so opwindend met Frankie die Zebra wat mal is daaroor om vertroetel te word. Gelukkige Vadersdag aan al ons GROOTfm 90.5 pa’s wat getrou na ons luister en baie geluk aan die 5 pappas wat die Saterdag saam met ons kom geniet het.
Deel hierdie artikelVadersdag
- Post author:pietergroot
- Post published:June 19, 2018
- Post category:Media
Deel hierdie artikel