“Thanksgiving” het begin as ‘n dag van danksegging na die jaar se oes en dis presies hoekom GROOTfm 90.5 elke jaar ‘n “Dankfees” hou – ons kyk terug oor die jaar se “saad in die grond” en medewerkerskap en vier die oes van veranderde lewens! Van vroegoggend af het verskillende nie-winsgewende organisasies hulle dankbaarheid met ons op lug gedeel en het ons 120 emmers propvol kruideniersware ter waarde van ongeveer R35 000 ge-“re-gift”! Dis ‘n geskenk wat ons as vennoot van die #GoeieNuusKersboom projek van Kerksondermure, Lewende Woord Centurion, Kerk-in-Suid en Doxa Deo Raslouw ontvang het vir projekte of organisasies met wie ons ‘n pad stap soos onder ander SA Cares for Life, Helpende Hand, PEN, Eleos, Jesus4Real – Our Home, Moeggesukkel, Headstartkids, Ki-Deo, #Kairos en ander! Ons bid vir julle as ons verskilmaak-vennote Gal. 6:9 en 2 Tess.3:13: Moenie moeg word om goed te doen nie! Mag julle elke dag die broodjies en vissies wat die Here vir julle gegee het om mee te werk, in Sy Hande toevertrou en die wonderwerk van vermeerdering en meer-as-genoeg-voorsiening beleef!
Deel hierdie artikel#DANKFEES
- Post author:pietergroot
- Post published:December 9, 2018
- Post category:Media
Deel hierdie artikel