You are currently viewing #JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin

#JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin

Deel hierdie artikel

Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin. Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat geslaap het toe vier gewapende aanvallers hulle 2 uur op die oggend van 11 Oktober 2018 oorval het. Robbie kan nie onthou wat gebeur het nie, maar die berigte wat hy lees vertel daar was ‘n gestoei, skote is afgevuur, vermoedelik deur een van die aanvallers en een van die rowers is in die bors getref en later dood langs waar Robbie gelê het na hy met ‘n yster oor die kop geslaan is en sy oor afgeskeur is. Hester en Frikkie, is met skoenveters vasgebind en herhaaldelik geskop en geslaan. Die oorblywende rowers het die huis geplunder en toe te voet gevlug met onder andere skootrekenaars, selfone en al Robbie se pensioengeld na hy onlangs retrench is. ‘n Huurder op die paas het 04:00 van nagskof teruggekeer, hulle daar vasgebind gevind en hulp ontbied. Robbie is per ambulans na die George Mukhari-hospitaal vervoer. Sy toestand was ernstig maar stabiel met onder andere ‘n skedelbreuk en ander hoofbeserings. Maar die eintlike storie is soveel meer as die woorde of verslae wat geskryf is en die hoop en getuienis te midde van hierdie slegte gebeurtenis het ons vanoggend eintlik totaal onkant gevang. ‘n Getuienis wat Robbie vir die Here belowe het, hy sal deel en ons vandag vir die eerste keer kon hoor.

Dankie dat jy ons hiermee vertrou het, Robbie. Dankie ook vir Monument Park SuperSpar vir die kruideniersware, Faith Durie Kussings vir die gesin se gebedskussings en Johan Kloppers van AfriForum vir jou bystand en ondersteuning aan hierdie gesin. Johan het in 2018 al op 22 plaasaanvalle gewerk en help met van berading tot die opruim van die toneel na die polisie se ondersoek afgehandel is. Hulle begin van voor af, kon nie teruggaan plaas toe nie. Robbie se pensioengeld is tydens die aanval gesteel. Hester werk vir R250 ‘n dag. Frikkie moet eksamen skryf asof niks gebeur het nie.

As jy hierdie gesin op enige manier kan bystaan, kan jy gerus hulle dogter, René Kriel kontak by 0790138761 of die volgende bankbesonderhede gebruik: R.A. Feldman, CAPITEC, Rekeningnommer: 1601450573, Takkode 470010.

Hier is die roerende getuienis van Robbie Feldman, wat ‘n plaasaanval oorleef het:

Klik hier om na die fotos te kyk!

Deel hierdie artikel