You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Prinses Beandri

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Prinses Beandri

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Prinses Beandri

Beandri Booysen, Mamma Bea en Marie Venter het by ons in die ateljee vir ‘n regstreekse #JouMenseMyMense-insetsel.

Beandri, is tans die oudste Progeria-leier in Suid-Afrika. Progeria is ‘n sindroom wat veroorsaak dat kinders ongeveer sewe-maal vinniger verouder. Sy het net een behoefte en droom…Om die oudste progeria-leier in Suid-Afrika te word (29 jaar).

Marie Venter, vriendin van die familie, het ons genader om hulle te help om vir Beandri ‘n onvergeetlike 16de verjaarsdag ‘prinsesbal’ te reël!

Hulle het reeds reggekom met ‘n rok – wat ontwerp gaan word deur die baie bekende Anel Botha. Ook ‘n ‘venue’ in Montana, naamlik La Perna Wedding Venue. Marie het aan ons genoem dat hulle nog hulp benodig met dekor en eetgerei, ‘n fotograaf, ‘n voertuig (Beandri wil baie graag met ‘n ‘limousine’ ry), nagereg en ‘n verjaarsdag-koek, en ‘n splinternuwe blonde-pruik.

Ons het vir Beandri, wat op die 20ste November verjaar, verras met al die bogenoemde op haar wenslys.

‘n GROOT dankie aan die volgende rolspelers:

  • Tymeless Necessity Hair in Roodepoort vir haar pragtige, blonde hare.
  • Kinna van der Westhuizen van van Ai Ai Event Styling.
  • Trudi jansen van Vuuren van ‘At your place event catering’ vir die nagereg en verjaarsdag-koek.
  • Jislaaik-JA! Photography
  • ‘The Limo King’ vir Beandrie se limousine

Liewe Beandri, Mamma Bea en Marie, ons sien uit na ‘n glansaand, gefasiliteer deur onvergeetlike herinneringe! Beandrie, ons weet jy gaan skitter!

Fotos: Jislaai-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply