Lindie Strydom kan nie onthou waar sy die term “re–gifting” die eerste keer raak geleef het nie, maar sy hou daarvan en met ons “Fees van Dankbaarheid” was ons in ‘n posisie om ‘n geskenk aan ons te kan “re-gift”!
Kersondermure, Lewende Woord Centurion, Kerk-in-Suid en Doxa Deo Raslouw, saam met die sakegemeenskap van Centurion het ‘n reuse insameling van kruideniersware gehad ten bate van verskillende nie-winsgewende organisasies en 15 skole se noodprojekte wat hulle behoeftige gesinne ondersteun.
Ons is baie trots op en dankbaar vir ons vennootskap met hierdie projek die afgelope 4 jaar! En danksy ‘n skenking wat ons vanaf hierdie inisiatief ontvang het, was ons in die posisie om vir 12 organisasies 10 emmers propvol kruideniersware te skenk!
Ons het dit deel van ons Dankfees op Vrydag 30 November gemaak.
Die organisasies wat dus baat is:
SA Cares for Life
Helpende Hand
PEN
Eleos
Kairos
Our Home
Moeggesukkel
Tekkie Buddie
Laerskool Kameeldrift
Laerskool Westerlig
HeadStart Kids
Ki-Deo
Klik hier om na die fotos te kyk!
Deel hierdie artikel