KLIK HIER -> GROOTfm word 6! LUISTER NOU
#SMDBG – Laerskool Constantiapark

#SMDBG – Laerskool Constantiapark

Deel hierdie artikel

Dit is nou al tradisie om elke jaar se #SKOOLMETDIEBESTEGEES af te skop by Laerskool Constantiapark. En ten spyte van ons groot verwagting, verras hulle ons jaar-na-jaar met ‘n Rooikat-sonder-remme belewenis waar Laerskool Constantiapark as ‘n GROOT skoolgesin onder die maan dans. Op Vrydag, 8 Februarie 2019 het die Rooikatte ook sommer van die #GROOTgeesgeleentheid gebruik gemaak om hul nuwe skoolhoof, dr Dey saam met die ouers en kinders te verwelkom. Daar heers reeds ‘n GROOT opgewondenheid oor die nuwe spore wat hulle nou saam op die maan gaan trap! CP se nuwe hoof het natuurlik die oggend afgeskop waar hy by die hekke ingery het op ‘n Harley en soos die rottevanger van Hameln die leerlinge van die velde gelok het na die pawiljoen vir ‘n jolige gees. Elke jaar bewys CP natuurlik ook hul #GROOTharte van omgee. Hierdie jaar het elke rooikat ‘n ekstra t-hemp saamgebring, want hulle wil graag uit hulle oorvloed gee vir ‘n ander leerling wat nie het nie. Al die t-hemde is aan MES geskenk. Die Rooikatte se harte het geborrel van bly en elke leerling het met ‘n glimlag en ‘n gejubel #GROOTgees gewys vir almal wat deur CP-hekke gespoed het om te deel in die CP-GROOT-gees-avontuur. En saam met GROOTfm 90.5 se borge – Bounce, Cosave Powerbuild, Dr. Tooth Little, Mit Mak Motors, Oliela en Signarama Pretoria Noord kan ons met oortuiging sê dat #SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 GROOT(er) as GROOT gaan wees!Loer gerus hier na die Rooikatte se #GROOTgees video, met trots geborg deur Oliela:

Deel hierdie artikel
Close Menu