You are currently viewing #SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 – Laerskool Lynnwood

#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 – Laerskool Lynnwood

Deel hierdie artikel

Nee kyk… die Lynnies het uitgehaal en gewys!  Met ‘n spesiale “Lynnies Got Talent” samestelling met die skool se beste dansers, sangers, instrumentspelers en “Rock”- uit onderwysers! Dit was ‘n feestelike oggend en elke Lynnie, klein tot groot het saam gesing en dans en vir ons hulle beste “tennis-tune” moves gewys. Ons borge het ook seker gemaak vir aktiwiteite wat daai klein lyfies lekker besig gehou het en toe seker gemaak dat amper elke onnie “gedunk” was. Die Lynnies het duidelik goeie bal-gooi arms en oë. Dankie Laerskool Lynnwood dat ons weer hierdie jaar by julle kon kom gees vang en dat ons kon hoor hoe julle Hoof en leiers met julle prag-skool “brag”.

#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019

Vir die fotos gaan loer gerus op ons Facebook blad, klik hier -> #SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 – Laerskool Lynnwood

Deel hierdie artikel

Leave a Reply