Dit was 'n vlam-warm oggend by Laerskool Tuinrand! Laerskool Tuinrand word hierdie jaar 'n volle 60 jaar oud en hulle wou seker maak ons weet dat "TUINRAND-VAT-VLAM", want nie eers 'n F250 kon die vlammetjie blus nie! Die ambulans was vinnig daar en die stemme se gejuig #TuinrandVatVlam het vlammetjie weer vinnig aan die brand gehad! Daarna het ons gewikkel en ge'flos' op #SmileMyLanie van Dr. Toothlittle, gebons en gespring saam met Bounce, geshake-shake saam met Oliela, gesliiiiide saam met Signarama Pretoria Noord, gemars op die Mit Mak Motos -mars, goed afgekoel met Cosave Powerbuild se toilet-"dunker" en Beeld het seker gemaak die #GROOTgees beeld word mooi vasgevang! Laerskool Tuinrand se hoof Mr. Kobus van Dyk, het ge"brag" soos net 'n trotse-skoolhoof kan en hy het elke leerder oud en jonk genooi om aan hulle 60ste Diamant-herdenking-feesvieringe deel te neem, 03 tot 05 Mei 2019. Die jongspan, Joyce en Montinique, het ons ook vertel van hulle kouse, mussies en serpe insamelingsprojek, om dié in nood te help hierdie komende winter. Baie dankie aan al ons borge sonder wie ons projek nie vlerke het nie. Dankie aan Laerskool Tuinrand vir die #GEES by vandag se #SKOOLMETDIEBESTEGEES en dat ons saam met julle kon vlam vat! #TuinrandVatVlam
#SMDBG – Laerskool Tuinrand
Deel hierdie artikel
Deel hierdie artikel