BOODSKAPPE LUISTER NOU
#SMDBG – Hoërskool Centurion

#SMDBG – Hoërskool Centurion

Deel hierdie artikel

Dit was ‘n sirkus van #GEES by Hoërskool Centurion vir hulle beurt op Vrydag, 14 Maart om te wys presies hoe lyk ware geesdrif, vurigheid, entoesiasme, lewenslus en positiwiteit, passie, ywer en energie, betrokkenheid, eenheid en samehorigheid of hoe ookal hulle die woordjie “gees” verstaan en wou wys! En die Woeries het nie teleurgestel nie! Die tema was “The Greatest Showman” en dit was behoorlik “THE GREATEST SHOW” van GEES met Woerie-akrobate, beatboxers, Freestylers, dansers en selfs ‘n graad 12 Boy Band. Ons is selfs verras deur ‘n graad 12 kulkunstenaar wat na afloop van sy vertoning op sy knieë gegaan het om die meisie van sy drome te vra om saam met hom matriekafskeid toe te gaan, tot GROOT applous van sy mede-Woeries. Verder was dit ‘n GROOT gees gedoente met borge #Bounce, #CosavePowerbuild, #DrToothLittle, #MitMakMotors, #Oliela en #SignaramaPretoriaNoord wat gesorg het dat daar gespring, gebons en geklim word, hopscotch, criss-cross, kruip en gly tot GROOT vermaak van die toeskouers.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply

Close Menu