You are currently viewing #SMDBG – Hoërskool Pretoria Noord

#SMDBG – Hoërskool Pretoria Noord

Deel hierdie artikel

In die hart van Pretoria-Noord lê 'n skool wat in 1943 begin het as 'n klein plaasskooltjie, maar wat oor die afgelope 76 jaar gegroei het tot 'n skool van meer as 1000 leerders en 80 personeellede. Teen die noordelike hange van die Magaliesberg verrys Hoërskool Pretoria-Noord, en dit is hier waar Mnr. CJC Driescher aan die stuur van sake staan. Hy en die personeel werk daagliks saam om elke leerder van PNHS raak te sien en 'n verskil in hul lewens te maak.  Hoërskool Pretoria-Noord fokus op vier waardes: Integriteit, lojaliteit, verantwoordelikheid en respek.PNHS het die dag begin tot eer van die Here met die saamsing van "Prys die Here, want Hy is goed" en daarna was dit net kruiwaens, helmets, scrumpette en #GROOTgees vir hul deelname aan hierdie jaar se #skoolmetdiebestegees2019. Hulle MAG maar sing, hulle MAG maar die Samsara doen en hulle MAG maar "opdress" in verskillende tema's van boemelaars tot Superhero's.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply