You are currently viewing #SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Stephanus Roos

#SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Stephanus Roos

Deel hierdie artikel

“Ons groei waar ons geplant is… tot BO!” Met hierdie leuse het Laerskool Stephanus Roos op Vrydagoggend, 2 Augustus 2019 net nog GROOT(er) gegroei… tot heel bo tydens hul deelname aan #skoolmetdiebestegees2019. Dit was ‘n hoendervleis-begin-van-die-dag toe die Rosies uit volle bors saam met sonsopkoms die groep, VirAnder se “Sing ‘n Hallelujah” gesing het. Gevolg deur klipharde skote, ‘n ontploffing van kleur en daarna die ontploffing van die Rosies se GEES! Hulle het hul biscuits geskud saam met die biscuit-skud-koning, Pieter Koen, en hul nuwe mascot (nog naamloos) het sy verskyning vir die eerste keer gemaak. Die Rosies het GROOT gees, GROOT moves, GROOT liedjies en GROOT harte met selfs ‘n GROOT insameling vir Wollies. Elke woord van elke liedjie was kliphard saamgesing, elke beweging perfek uitgevoer, die dissipline was onverbeterlik en die gees was natuurlik GROOT! Ons is met ‘n huppel in ons stap vanoggend weg by die Rosies, want na ‘n oggend van geesvang saam met hulle, sien ons kans om ENIGE IETS te gaan aanpak.

#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019

Vir die fotos gaan loer gerus op ons Facebook blad, klik hier -> #SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Stephanus Roos

Deel hierdie artikel

Leave a Reply