Boodskappe LUISTER NOU
#SMDBG – Laerskool Pierneef

#SMDBG – Laerskool Pierneef

Deel hierdie artikel

Die Pieries het presies ‘n week voor hul deelname aan #skoolmetdiebestegees2019 besluit om in te skryf en was ons nou op Vrydagoggend, 17 Mei 2019 verras om te sien hoe hulle elke liedjie en beweging uit hul kop uit geken het na slegs ‘n week se oefening! Die tema van die oggend was “Pieries gaan BOS” en die onderwysers het behoorlik bos gegaan met hulle camouflage-klere en GROOTgees! En die Pieries het nie teruggehou nie – hulle het die dag afgeskop met lekker warm sjokolade en daarna is daar gedans tot die sweet op hierdie eerste koue wintersoggend van 2019 afloop. In Pierieland word daar nie net hard gewerk nie, maar ook hard gelag en gespeel!

Deel hierdie artikel

Leave a Reply

Close Menu