Hulle was die Mayvie-helde en heldinne van die dag en elkeen was bekroon of eerder beMANTEL met hierdie spesiale Mayvies-het-GROOT-Gees en VANDAG-IS-EK-‘n-MAYVIE mantels en -maskers net vir daai kersie op die koek. GROOTfm 90.5 en al ons borge het op Vrydag, 30 Augustus gegaan om die Mayvies te vermaak, maar hierdie oggend het hulle ons kom vermaak met #GROOTgees en #GROOTpret… van die onnies en hoofseun wat so mooi gesing het tot die SUPER-trampoline-springende juffies en dan nog die SUPER-karre ook. Hier was geen gees teruggehou nie en verder was die dissipline tip-top. Mayvies, dit was ‘n absolute fees om by julle te gaan kuier.
#VandagIsEknMayvie #Mayville
#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019
Vir die fotos gaan loer gerus op ons Facebook blad, klik hier -> #SKOOLMETDIEBESTEGEES – Laerskool Mayville
Deel hierdie artikel