Die Garsies staan sommer dadelik uit op die pawiljoen – elke leerling geklee in sy/haar skoolbaadjie en die seuns staan almal soos een man op as daar gebid word. Die gees is GROOT, want hulle berei sommer saam met hul deelname aan #skoolmetdiebestegees2019 voor vir hul derby teen Hoërskool Menlopark die volgende dag. Die eerste spanne word met trots voorgestel en daarna het hulle vir Danny Smoke genooi om die #GROOTgees net nog GROOT(er) te maak. Die Garsies se omgee-harte is natuurlik net so GROOT en Pure Hope skool se sing-en-danspassies is weereens ‘n dankie aan elke Garsie vir hul GROOT bydrae van blikkies, klere en komberse. Daar was natuurlik ‘n uitdaging uitgereik aan elke Garsie… as almal opdaag MET hul skoolbaadjies aan, sal die hoofleiers ‘n Ice Bucket Challenge aanvaar. En selfs die yskoue water kon nie Dian Janse van Vuuren en Kyla Cronjé se gees demp nie. Met ‘n dinamiese skoolhoof soos mnr. Leon Bantjes lê daar ʼn verdere blink toekoms vir die skool voor in ʼn strewe daarna om ‘n toonaangewende skool in Pretoria te bly.

#SMDBG Hoërskool Garsfontein
Deel hierdie artikel
Deel hierdie artikel