Wen met ons opname! LUISTER NOU
#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 – Laerskool Anton van Wouw

#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 – Laerskool Anton van Wouw

Deel hierdie artikel

As ons wil hê dit moet reën in Pretoria, dan moet ons ‘n #skoolmetdiebestegees beplan by Laerskool Anton van Wouw, want hulle is voorwaar gelukbringers wat die hemele laat oopbars.  Maar met ons tweede probeerslag hierdie jaar (en dié keer sommer op ‘n Donderdag!) het ons ‘n vuurwarm sonnige somersdag by die Wouw’tjies beleef en hulle gees was net so warm soos die sonskyndag.  Die reën is toe eers vir later daardie middag voorspel 🙂

Hulle tema vir die oggend was SKOENE WAT VERMAAK en dit was behoorlik ‘n skoen-parade waar al die Wouwtjies met snaakse skoene skool toe moes kom – van opgetofde tissuebokse, blomme, lego, foelie-monsters tot die snoepie-tannie wat haar gumboots soos ‘n feetjietuin laat lyk het.  En op die ou einde is daar ‘n wenner per graad aangewys tot groot gejuig van elke Wouwtjie.

Dankie Wouw’tjies – ook vir julle GROOT omgee-harte vir die maatjies in Laerskool Gen. Nicolaas Smit.

#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019

Vir die fotos gaan loer gerus op ons Facebook blad, klik hier -> #SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 -Laerskool Anton van Wouw

Deel hierdie artikel

Leave a Reply

Close Menu