You are currently viewing Sjef Suzanne Crozier se kweperlekkers

Sjef Suzanne Crozier se kweperlekkers

Deel hierdie artikel

Sjef Suzanne Crozier se kweperlekkers

Kweperlekkers

Sjef Suzanne en Izaan het gesorg vir herinneringe en nostalgie met vanoggend se smaaklike, nie-te-soet, kweperlekkers.#DieGROOTOntbyt #GROOTKombuis #GROOThappie

Tyd: 45 min

Bedien: 8 pers

Soet

Bestanddele:

1kg kwepers, gewas en in kwarte gesny.

700 g Wit suiker.

Knypie woestynsout.

Strooisuiker om lekkers in te rol.

Bery die kwepers voor

bedek kwepers met water en laat vir 45 minute kook tot sag. 

Dreineer en hou water eenkant. 

Sny pitte uit kweper en verpulp met oortollige water tot glad. 

Gooi deur ‘n sif om harde stukkies uit te haal.

Sit bestanddele by

Gooi pulp en suiker in kastrol en roerkook die mengsel vir omtrent 40minute of tot donkergoud kleur en dit nie meer aan wand van kastrol vassit nie. 

Spuit bakplaat met B-well se kleefsproei en voer pan met bakpapier uit. 

Giet mengsel in pan en laat stol oornag buite yskas.

Bedien

Wanneer dit koud is, sny in blokkies en rol in strooisuiker.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply