Hennie Fisher - Borscht
Hennie Fisher - Borscht
Tyd: 150 min
Bedien: 12 pax
Gebak
Bestanddele:
Aftreksel:
600 g bees sopbene met bietjie vleis aan
Bestanddele vir aftreksel (uie, wortels, seldery, lourieblaar, pietersielie ens)
Sop:
2 groot wortels, gerasper
2 uie, baie dun gesny
½ bos seldery, dun gesny
½ rooi kool, baie fyn gesny
3 tamaties, geskil, saadjies verwyder en in blokkies gesny
2 aartappels, geskil en gerasper
50 g tamatie pasta
10 wonderpeper (piemento) saadjies, gebreek
60 ml asyn
50 ml suikerSout en peper na smaak
5 ml karwysaad
2 liter aftreksel en meer
3 medium groot beet, geskil en gerasper
50 ml olyfolie – Bwell
Metode:
Maak lekker beesaftreksel, en haal dan die vleis van die bene af en sit eenkant.Braai die uie, seldery en wortels in die BWell olie, tot ligte kleur verkry word. Plaas al die ander bestanddele (behalwe die beet), insluitende die klein stukkies vleis in die soppot en kook ligweg totdat al die groente lekker sag is, ongeveer 2 ure. Voeg meer water by indien die sop te dik raak. Voeg die beet by met die laaste 15 minute, en kook tot gaar – die kleur sal verlore gaan as die sop te lank gekook word.
Bedien met vars dille, pietersielie en stywe suurroom