You are currently viewing Sjef Hennie Fisher – VSA Onafhanklikheidsdag rooi-fluweelkoek

Sjef Hennie Fisher – VSA Onafhanklikheidsdag rooi-fluweelkoek

Deel hierdie artikel

Sjef Hennie Fisher - VSA Onafhanklikheidsdag rooi-fluweelkoek

VSA Onafhanklikheidsdag rooi-fluweelkoek

Op VSA se Onafhanklikheidsdag het Dr. Hennie Fisher 'n 'red velvet' koek met eg Amerikaanse '7-minute frosting' gemaak. (met erkenning aan Mari-Louis Guy en Callie Maritz Cakes To Celebrate Love and Life).

Tyd: 90 min

Bedien: 20 porsies

Soet

Bestanddele:

Koek:

350 g koekmeel

300 g suiker

5 ml koeksoda

10 ml kakao

5 ml sout

250 ml karringmelk

2 eiers

375 ml kook-olie (BWell)

5 ml wit asyn

25 ml dieprooi voedselkleursel (vloeistof)

5 ml vanielje

Sewe-minute-versiersel:

170 g eierwitte

225 g wit suiker

¼ teelepel sout

¼ teelepel kremetartVanielje na smaak

Metode:

Voorbereiding: 

Berei 3 x 18 cm koekpanne voor (smeer en papier). Oond op 180°C. Maak 50 blou fondant sterretjies en poeier helder blou. Amerikaanse papier vlaggies indien verkies.

Sit bestandele saam:

Sif al die droë bestandele saam. Meng die nat bestandele in ‘n ander bak saam.

Meng die droë bestandele by die nat bestandele in, meng die beslag goed met die hand, en verdeel tussen die drie panne. Bak ongeveer 20 minute, laat effens afkoel en draai onderstebo uit. 

Verhit die Sewe-minute-versiersel mengsel binne ‘n elektriese klitser se mengbak bo-op ‘n dubbel koker tot 79° Celsius bereik word. Klits daarna op hoog totdat ‘n baie stywe en ligte mengsel verkry is.

Sit die drie lae aanmekaar met die Sewe-minute-versiersel, sterretjies en vlaggies.

Bedien met:

vars vrugte

Deel hierdie artikel

Leave a Reply