You are currently viewing Hennie Fisher – Pampoen-kaneelrolletjies

Hennie Fisher – Pampoen-kaneelrolletjies

Deel hierdie artikel

Hennie Fisher –

Pampoen-kaneelrolletjies

Hennie Fisher –

Pampoen-kaneelrolletjies

Tyd:

50 Min

Bedien:

18 Persone

Soet

Bestanddele:

10g kitsgis

2 eiers

80g botter, gesmelt

5ml pampoen speserye

(kaneel, gemmer, neutmuskaat, naeltjies enwonderpeper)

5ml sout

300g pampoenpuree

200ml karringmelk

(of 150 ml karringmelk en 50 ml warm water as mens haastig is)

500g koekmeel

100g suiker

B-Well Canola olie 

Binnesmeer:

160g bruinsuiker

100g botter, gesmelt

45ml kaneel   

Bolaag:

125g roomkaas

100ml suurrroom

50g versiersuiker

Pampoensade

Metode:


Voorverhit oond tot 180˚C. 

  • Meng die gis, eiers, botter, pampoenspeserye, sout, pampoenpuree, karringmelk, warm water en suiker saam.
  • Voeg meel in en knie goed totdat die deeg bymekaarkom vir ongeveer 6 minute.
  • Smeer ‘n groot bak met B-Well olie en plaas deeg daarin.
  • Maak toe met klam vadoek en laat dubbel rys.
  • Druk deeg af, en rol uit tot so groot soos twee aanmekaar A4 bladsye!
  • Smeer botter oor, sprinkel met bruinsuiker en kaneel, en rol van die lang kant af op.
  • Seël die einde met bietjie water.
  • Sny in 18 eweredige snye en plaas plat kant in ‘n groot oomdskottel wat met B-Well uitgespuit is.
  • Bak vir ongeveer 35 minute.
  • Laat afkoel.
  • Meng bolaag saam en gooi oor.
  • Garneer met pampoensade.
Deel hierdie artikel

Leave a Reply