Sjef Karen Rossouw - Lemoen en Witsjokolade Panna Cotta
Lemoen en Witsjokolade Panna Cotta
Met #WêreldSjokoladedag om die draai het sjef Karen saam met Hendri vir ons ‘n lemoen en witsjokolade panna cotta in die #GROOTkombuis gemaak. Sjokolade bly maar die antwoord, maak nie saak wat die vraag is nie.

Tyd: 10 min
Bedien: 6 porsies
Soet
Bestanddele:
500ml Room
3 Blare Gelatien
35 g Suiker
Knippie Sout
150 G Wit Sjokelade
1 Lemoen,
Lemoen Skil (Zest) Fyn Gekap
B-Well Spray vir Vorm/ of B-Well Canola Olie - Smeer Vorms Soos benodig
Metode:
Bloem Gelatien in koue water.
Berei die Ramikans voor met ‘n lagie olie of olie sproei.
Plaas room, suiker, sout en lemon skil in ‘n kastrol.
Verhit oor ‘n matige hitte tot die mengsel statig prut.
Verwyder van hitte.
Voeg dan die sjokelade by en roer tot sjokelade gesmelt is.
Voeg gelatien by, en roer tot gelatien ten volle geinkorporeer is.
Plaas mengsel in die ramekins.
Stol in yskas vir drie ure.
Bedien met lemoen segmente.