Ramon Gouws - Salm, Avocado en Komkommer Taco
Ramon Gouws - Salm, Avocado en Komkommer Taco

Tyd: 60 min
Bedien: 4 porsies
Seekos
Bestanddele:
250g vars Salmfilet, in blokkies gesny.
1x Avokadopeer, geskil en in blokkies gesny.
1x Tamatie, ontsaad en dan in blokkies gesny.
1x Lente-ui, in sy lengte - dun gesny.
2x fresno chillies, in sy lengte - dun gesny.
20g vars koljander, gewas en fyngekap.
20ml sesamesaad-olie
60g Japanese Mayonnaise/ B-well Mayonnaise.
160 ml Aji Amarillo sous.
10g sesamesaad.
1 komkommer baie baie dun gesny met ‘n mandolyn
Die Sous
40g rof gekapte jalapeno, ontsaad.
100ml ryswyn-asyn
5g fyngerasperde knoffel.
1 ½ teelepels maldon sout
120ml sonneblom-olie
Metode:
Vir die Slaaisous
In ‘n voedselmenger, blitz die jalapenos en ryswyn-asyn tot goed fyngekap. Voeg die res van die bestandele by en meng deeglik. Gooi die mengsel deur ‘n sif en plaas in ‘n bottel of ‘n bak en bere in die yskas. (Rak lewe is so 3 maande minimum)
Vir die "Taco"
Op ‘n stuk bakpapier, plaas ‘n ringsnyer en pak die komkommer skyfies van onder na bo sodat hulle oorvleuel.
In ‘n bak, meng die ander bestandele saam behalwe die mayonnaise en sprinkel met sout na smaak. Plaas die mengsel aan die een kant van die komkommer-sirkel en vou versigtig toe. Verplaas die "taco" na ‘n bord toe en, in ‘n drukbottel, druk van die mayonaisse rondom die taco.
Gooi van die sous langsaan die taco en bedien.