You are currently viewing Hennie Fisher – Queen of Puddings

Hennie Fisher – Queen of Puddings

Deel hierdie artikel

Hennie Fisher - Queen of Puddings

Hennie Fisher - Queen of Puddings

Tyd: 60 min

Bedien: 8 porsies

Soet

Bestanddele:

120 g koek of brioche krummels

4 eiers, geskei

Skil van een suurlemoen

100 g framboos konfyt

250 ml room

250 ml melk

1 eetklepel vanilla

200 g strooisuiker

Metode:


Voorbereiding:

Verwarm die melk en room met die suurlemoenskil. Gooi oor die koek/brioche krummels en laat staan. Meng die vanilla en die eiergele in. Gooi mengsel in oondvaste skottel (wat met BWell bakspuit gespuit is) en bak vir 35 minute in ‘n water bad by 170°C. Verwyder van die oond as die vla stewig is. Laat effens afkoel en smeer konfyt bo-oor. Maak ‘n stywe meringue met die eier witte en die strooisuiker en versier mooi bo-oor die konfyt. Bak vir ‘n verdure 35 minute by 150°C totdat die meringue effens hard is. 

Bedien met: vars room of vars frambose

Deel hierdie artikel

Leave a Reply