Hennie Fisher - Individuele koejawel kaaskoek
Hennie Fisher - Individuele koejawel kaaskoek

Tyd: 120 min
Bedien: 8 porsies
Soet
Bestanddele:
4 (moontlik 6) koejawels, geskil en in halfte gesny
60 g suiker
½ koppie water
150 g Tennis Beskuitjies
60 g botter
500 g Amerikaanse styl roomkaas
60 ml vars suurlemoensap
60 g strooisuiker
150 ml room
30 ml water
1 eetlepel gelatien
120 g koejawelpulp
320 g koejawelpulp
Metode:
Voorbereiding:
Kook die koejawels, water en suiker saam tot sag. Verpulp in voedselverwerker en druk pulp deur ‘n sif om van al die pitte ontslae te raak.
Daar moet ongeveer 440 g pulp op die einde wees.Maak die koekies in voedselverwerker fyn, en voeg gesmelte botter by.
Verdeel tussen 8 ringe en druk styf plat onderin. Spons die gelatien in die water, smelt en voeg by die koejawelpulp – die pulp moet nie te koud wees nie.
Meng roomkaas, suiker en suurlemoensap in menger met K-spaan tot lig en eenvormig. Voeg room by, en klits to styf.
Vou die 120 g koejawelpulp by. Verdeel tussen die 8 ringetjies en spuit eweredig in die ringetjies.
Verdeel die orige 320 g koejawelpulp tussen die ringetjies en gooi ‘n mooi lagie bo-op die roomkaasvulsel.
Maak mooi met meringue stokkies, vars eetbare blomme, koejawel skyfie, suiker spiral, suiker blare