Sjef Pellie Grobler – Sjokoladeterrine
Sjef Pellie Grobler – Sjokoladeterrine
Sjef Pellie Grobler en Hendri Myburgh het 'n Sjokoladeterrine gemaak wat perfek is vir enige soettand!
Tyd: 60 min
Bedien: 8 porsies
Soet
Bestanddele:
Sjokolade-ganache:
450g donker sjokolade
1 suurlemoenskil, gerasper/“lemon zest”
4 eiergele
200 g mascarpone
Sponskoek:
4 eiers
125g suiker
125 g koek meel
50ml B-well olyf olie
Toffiesous:
100g botter100g suiker 100ml room
Voorbereiding:
Sjokolade ganache:
Smelt en room die sjokelade en mascarpone saam in ‘n bain-marie mengbak. Meng die suurlemoenskil en eier geel (een vir een) saam met die sjokelade-mengsel in. Sit een kant.
Sponskoek:
klits eiers en suiker saam tot dik en roomerig, vou meel en olie in. Gooi die beslag in ‘n oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Bak teen 180°C vir 8 min. Haal die koek uit en laat afkoel. Sny in dieselfde grootte as ‘n broodpan.
Toffiesous:
Kook die botter en suiker saam tot donker in kleur. Voeg die room by en klits saam. Kook vir 2min en laat dit afkoel.
Sit bestanddele saam:
Om tarrine te bou - vul ‘n broodpan met kleefpapier, vul omwisselend met sponskoek en sjokolade-ganache om lae te vorm. Sit in die yskas vir twee ure voor dit bedien word.
Bedien met:
Bedien terrine met die toffiesous, vars room en suurlemoenskil.