Michelle van der Merwe – Omorfi Kaaskoek
Michelle van der Merwe – Omorfi Kaaskoek

Tyd: 15 min
Bedien: 8 porsies
Soet
Bestanddele:
250g Tennisbeskuitjies
125g Botter
450ml Double dik room
500ml Roomkaas
+/- 100g Versiersuiker
Sap van 'n halwe suurlemoen
2 Blikkies KaramelGrowwe seesout
Metode:
Voorbereiding:
Krummel koekies en meng met gesmelte botter.
Druk stewig op die bodem van koekpan vas wat vooraf met B-Well se kossproei gespuit is.
Klits room en roomkaas met versiersuiker saam.
Voeg die suurlemoen sap by.
Vou die helfte van 1 blik Karamel liggies in. (hompe, en klonte is aanvaarbaar)
Drup teelepels caramel op die koekie-basis.
Smeer nou die kaaskoek mengsel eweredig oor.
Laat rus in die vrieskas vir om en by 2ure.
Sit bestanddele by:
Smeer oorblywende caramel bo-oor kaaskoek, strooi growwe sout splinters oor en bedien!