Lindie Strydom herinner ons met haar inspirasie-insetsel aan die volgende:
“Dis lekker om terug te kyk – die herinneringe van 6 jaar gelede, maar ook om terug te kyk oor die afgelope 2 tot 3 weke waar ons besig is met ons #Lositbeter veldtog. Die gedagte van eienaarskap en verantwoordelikheid. Ons wil nie net uitsaai nie. Ons wil nie net vir jou musiek maak nie. Ons wil nie eens hê jy moet jou oggend begin met ‘n inspirasie-gedagte of iets moois nie, ook nie net vir jou die nuus en verkeer gee nie. Ons hoop ons is hier om ons sypaadjies, strate en ons stad beter te los as wat ons hom gekry het. Dit gaan nie oor hoe groot die projek is wat jy aanpak nie, dit kan ‘n klein dingetjie wees waar jy iemand beter los.”
Ons vier ons verjaarsdag met ‘n vraag: “Hoe lyk ons stad beter vandat ons hier uitsaai?”
“En met ons verjaarsdag wil ons ‘n saadjie plant van intensionaliteit – want as ons nie intensioneel is rondom die bydrae wat ons wil maak vir God se Koninkryk en die omgewing en die mense wat die Here aan ons toevertrou het nie, gaan 6, 10 of 50 jaar verbygaan en ons gaan wonder – wat het ons gedoen met ons geleende tyd?”
Ruben Delmage het besluit om GROOTfm 90.5 se verjaarsdagvieringe te kombineer met die afsluiting van ons “Los’it Beter” Veldtog. Op 5 Augustus 2019 het GROOTfm 90.5 en Ecsponent se personeel in 6 basiese stappe behoorlik die “wiel” aan die rol gekry om groei te bewerkstellig by Laerskool Kameeldrift deur die 5 tonnels by dié laerskool met 40 bande vol groente te plant.
‘n GROOT dankie aan:
Steven Barnard van Farmer Kidz
Marina van Niekerk (skoolhoof), onderwysers en leerlinge van Laerskool Kameeldrift
GROOTfm 90.5 personeel
Ecsponent personeel
Tyremart vir die skenking van die bande
Kings Meat Deli @ Lynnwood vir die skenking van die boereworsrolle en koeldrank vir 80 gaste
COSMO Industrial vir die sakkies water
Pieter Cloete vir die samestelling van die video