Hennie Fisher - Makataan pap
Hennie Fisher - Makataan pap
Tyd: 60 min
Bedien: 2 porsies
Soet
Bestanddele:
1250ml water
100 g makataan vleis (sade verwyder)
2 ml sout
20 ml olyf olie
15 g botter
130 g mieliemeel
Metode:
Voorbereiding:
Bring water en sout saam tot kookpunt, en voeg makataan by. Kook met deksel op totdat die makataanvleis sag is, ongeveer 20 minute. Voeg die mieliemeel stadig by en roer aanhoudend om klonte te verhoed. Wanneer dit begin dik word, stowe stadig vir ongeveer 20 minute. Roer die botter en olie in en bedien warm.