You are currently viewing Inge Pretorius – Tiropita

Inge Pretorius – Tiropita

Deel hierdie artikel

Inge Pretorius – Tiropita

Suzanne Crozier – Piped Cookies

Tyd:

25 Min

Bedien:

2 - 3 Persone

Gebak

Bestanddele:

Phyllo deeg

1 Koppie gerasperde Cheddar-kaas

1 Koppie gekrummelde Feta-kaas

1 Koppie gerasperde Haloumi-kaas

1 Eetlepel fyn gekapte mint

Swart gemaalde peper – na smaak

200 ml Gesmelte botter

en kwassie

Metode:


Vulsel:

Meng die 3 kase, peper en mint in n mengbak


  • Gebruik 3 velle Phyllo deeg, hou ‘n klam lappie oor dit terwyl jy die vulsel voorberei dat dit nie uitdroog nie.
  • Verf ‘n dun lagie botter tussen elke lagie deeg – jy wil drie lae deeg hê, en sny dan die deeg in repe, ongeveer 5 cm breed.
  • Skep 1 groot teelepel vulsel op die punt van die deeg , en vou in driehoek vorm, totdat die deeg opgebruik is.
  • Seel weer met ‘n bietjie botter (dit moet lyk soos samoosa).
  • Bak in voorverhitte oond op 180˚C vir ongeveer 20 min, tot goudbruin en bros!
  • Bedien met skyfie suurlemoen as ‘n voorgereg.
Deel hierdie artikel

Leave a Reply