Lanadene Bron - Kleurvolle Konfetti-koekies
Lanadene Bron - Kleurvolle Konfetti-koekies

Tyd: 60 min
Bedien: 6 porsies
Gebak
Bestanddele:
60g Ongesoute botter
70g Fyn suiker
1 Eier, liggies geklits
½ Teelepel Vanielje
1 Teelepel melk
90g Bruismeel
65g Koekmeel
2g Sout
Ekstra melk vir verf
Baie ‘hundreds and thousands’
Metode:
Voorbereiding:
Weeg die bestanddele af
Klits die eier
Voorverhit die oond
Voorverhit die oond tot 180˚C
Voer die bakpplaat uit met bakpapier en B.Well baksproei
Meng die botter, suiker en vanieljegeursel saam met ‘n elektriese menger
Voeg die eier en melk by, en meng
Voeg die twee soorte meel by, en meng
Skep die deeg uit op kleefplastiek, en rol dit tot so 1 cm dun tussen twee lae plastiek. Los in die yskas vir so 1 uur
Sny ronde sirkels uit met ‘n koekiedrukker, en plaas op die bakplaat
Verf met melk en strooi die konfetti oor
Bak vir 8-10 min tot lig bruin
10.Koel af vir 10 minute
11.GENIET!
Bedien met:Tee en Koffie, of enige tyd wat jy ‘n vinnige suikerhappie benodig