Karen Blanché – Hollandaise Sauce
Karen Blanché – Hollandaise Sauce
Tyd: 20 min
Bedien: 6 porsies
Sous
Bestanddele:
400g Botter
4 Eiergele
15ml Wit Asyn
15ml Suurlemoen sap
Na Smaak Sout en Peper
Metode:
Voorbereiding:
Vul n medium pot met min of meer 1/3 water. – Bring tot kookpunt.
Smelt die botter in die mikrogolf sodat die die wit gedeelte van die botter aand die onderkant van jou houer sigbaar is. – Jy het sopas Ghee gemaak!
In n glas of staal mengbak, wat oor jou pot kan pas en nie aan die water raak nie, plaas jou eier geel, meng met n halwe tee lepel water.
Plaas jou mengak bo oor die water wat kook, klits tot eier geel vaal word van kleur. Mneg nou asyn en suur lemoen sap in.
Haal nou van die hitte af en klits die botter stadig in.
Voeg Sout en Peper by.
Bedien oor …. Wel net wat jy wil!!