You are currently viewing Hennie Fisher – Gumbo

Hennie Fisher – Gumbo

Deel hierdie artikel

Hennie Fisher - Gumbo

Hennie Fisher - Gumbo

Tyd:

2 Ure

Bedien:

6

Seekos

Bestanddele:

60 ml BWell olie

200 g spek – blokkies gesny

5 stingels seldery – blokkies gesny

1 ½ ui – blokkies gesny

1 ½ groen soetrissie – blokkies gesny

100 g Chorizo worsie – stukkies gesny

3 – 4 huisies knoffel – fyn gesny

500 ml aftreksel

(bees of seekos)

Gaar donker roux

(15 ml botter, 15 ml meel)

15 ml suiker

7,5 ml sout

2,5 ml peper

25 ml - brand sous

4 lourierblare

2 – 3 stingeltjies tiemie

1 blik heel tamaties – stukkend gedruk

6 – 8 vingers okra

6 – 7 garnale

5 ml Gumbo file poeier 


Metode:


Voorbereiding:

Braai die spek in die olie – voeg later die worsie by.

Braai tot effense kleur.

Voeg die uie, seldery, soetrissie en knoffel by, en braai effens sag.

Voeg die aftreksel by, die tamaties, sout, peper en suiker, lourierblare en tiemie.

Prut saggies tot al die bestanddele sag en geїntegreerd is.

Voeg meer vloeistof by indien te droog raak.

Aan die einde voeg die roux, okra en garnale by, en kook tot die garnale gaar is.

Haal die pot van die hitte af, voeg die Gumbo poeier by en bedien met wit rys.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply