You are currently viewing Ramon Gouws – Crunchy Calamari

Ramon Gouws – Crunchy Calamari

Deel hierdie artikel

Ramon Gouws –

Crunchy Calamari

Izelle Hoffman – Blueberry Tartlets

Tyd:

15 min

Bedien:

2

Seekos

Bestanddele:

200g Baba inkvis-lyfies, in half gesny

100g Baba inkvis hoofde

100g Sout en peper meel

50ml Melk

B-well se FryWell Olie vir diepbraai

200g Succotash

100ml Prego-ponzu

50g Guacamole

½ Lengte ui skuins gesny

15g vars koljander

Metode:


Verhit olie to 170 grade Celsius.

Intussentyd, skep die succotash in n bakkie in en plaas een lepel guacamole in die middel bo-op.

Gooi dan van die Prego-Ponzu oor die succotash.

Plaas inkvis-lyfies en hoofde in melk en dan direk in die sout & peper meel en bedek ten volle en eweredig. Skud die oormaat meel af en plaas die hoofde en lyfies in die olie om diep te braai tot gaar ( so 35 tot 45 sekondes).

Belangrik om nie die pot te oorlaai nie want dit sal die temperatuur van die olie laat daal en dan nie die inkvis eweredig gaar maak nie.

Sodra die inkvis gaar is haal dit uit en plaas op kombuispapier om die addisionele olie te dreineer.

Rangskik dan die diepgebraaide inkvis bo-op die succotash al rondom die guacamole en versier met die skuins gesnyde lengte uie en gesorteerde en geplukde koljander.


Sout & Peper Meel Lot Resep:

Bestanddele:

150g Koekmeel

150gMaizena

20g fyn sout

60g varsgemaalde swart peper (nie die poeier nie) 

Metode:

Meng al die bestandele deeglik en hou in n koel area.

Raklewe is 2 maande +    

Prego Ponzu Lot Resep:

Bestanddele:

500ml Ruy’s Prego Sauce (beskikbaar by meeste portugese winkels asook Food Lovers Market)

500ml Ponzu

30g vars koljander, fyn gekap

Metode:

Meng al die bestanddele deeglik saam.

Behou selde in die yskas.

Raklewe is tot en met 3 maande.

Ponzu Lot Resep:

Betsanddele:

600ml Kikkoman soyasous

1.2lt Rys-asyn

300ml Vars gedrukte suurlemoensap

4cm Nori

Metode:

Voeg al die bestanddele saam en plaas in die yskas oornag.

Volgende dag, verwyder die nori en behou selde in die yskas.

Raklewe is tot en met 3 maande. 

Guacamole Lot Resep:

Bestanddele:

4 ryp avocado pere

1 hele groen peper, sade verwyder, fyngekap

½ wit ui, fyngekap

30ml wit asyn

45ml varsgedrukte suurlemoen sap

½ botteltjie groen tabasco

Sout na smaak

Metode:

Voeg al die bestanddele behalwe die sout in ‘n sterk voedselmenger en blits tot gladde konsekwentheid.

Voeg dan sout by na smaak.

Succotash Lot Resep:

Bestanddele:

1 koppie geblikte rooi nierbone

1 koppie geblikte botterbone

½ koppie vars groenboontjies, gesny

½ koppie edamame bone, uitgedop

2 mielies, gekook en van die stronk afgehaal

1 koppie chorizo, in blokkies gesny

1 knoffel huisie, fyn gekap

¼ koppie vars gekapte basilie

Sout na smaak

Metode:

Voeg alle bestanddele saam en behou in die byskas.

Raklewe is 3 dae.


Deel hierdie artikel

Leave a Reply