Hennie Fisher –
Katalaanse Suurlemoentert
Hennie Fisher –
Katalaanse Suurlemoentert
Tyd:
2 Ure
Bedien:
16
Soet
Bestanddele:
Kors:
BWell spuit-sproei
3 eieregele
90g botter
90g strooisuiker
Vanielje geursel
180g koekmeel
Vulsel:
9 eiers
400g bruin strooisuiker
300ml suurlemoensap
1 teelepel gerasperde
suurlemoenskil
300 ml room
Strooisuiker om mee te brulee
Metode:
Maak eers die kors.
Spuit ‘n ringpan/quiche pan met BWell spuitolie.
Meng die eiergele, botter, strooisuiker en vanielje saam tot ‘n sagte mengsel.
Werk die meel in.
Verkoel pastry.
Rol uit om die bodem en kante van die ring of quichepan te bedek.
Blindbak by 180°C tot ligte bruin.
Vir die vulsel meng al die bestandele saam, sonder om enige lug te inkorporeer.
Gooi in kors en bak by 150°C vir ongeveer 1 uur.
Brulee indien verkies.