You are currently viewing Lanadene Bron – Vegetariese Braai en Bykosse

Lanadene Bron – Vegetariese Braai en Bykosse

Deel hierdie artikel

Lanadene Bron –

Vegetariese Braai en Bykosse

Lanadene Bron –

Vegetariese Braai en Bykosse

Tyd:

45 Min

Bedien:

4 mense

Vegetaries

Bestanddele:

Gevulde Sampioene

8 Groot sampioene

50g Mozarella

30 ml Basil Pesto

24 Balamiese Tamaties

(24 Kersietamaties/ 20ml

Balsamiese asyn)

5g Knoffel

2g Sout/Peper 

Blomkool Filette

3 Blom Kool Koppe

10 ml Coriander

10 ml Komyn

2 ml Peper

2 ml Sout

50 ml Olyf Olie 

Zucchini “Springrolls”

3 medium sized Zucchinis

1 Avo

40 g gerasperde Wortel

40 g gerasperde Beet

½ Opgesnyde soetrissie

Bewell Olyf Olie 

Eiervrug Braaibroodjies

2 Groot eiervrugte

40 g Mozarella

1 Groot Tamatie

½ Rooi Uie

2g Sout en Peper

Metode:

Gevulde sampioene:

  1. Braai die tamaties tot ‘n paar oop bars, voeg die balasamiese asyn by en braai vir nog so 2 minute.
  2. Sit elke sampioen op ‘n vierkant foelie neer, strooi knoffel oor, smeer basil pesto oor, sit 3 tamaties op en druk effens plat, sit ‘n mozarrella plakkie op, vou toe en braai.



Blomkool Filette:

  1. Sny die fillete uit die blomkool kop so veel as moontlik, hou die midelste deel aan, want dit is wat die fillet saam hou!
  2. Sit die filette in die mikrogolf oond vir 2-3 minute.
  3. Meng die olie en speserye saam, en marineer die filette daarin.
  4. Braai in ‘n toeklap rooster vir 5 minute.
  5. Draai in die middle van die tyd.



Zucchini Springrolls:

  1. Sny dun skuiwe in lengte gewys met ‘n groete skiller.
  2. Gebruik 3 op ‘n slag, en plaas hulle langs mekaar.
  3. Smeer avo oor, plaas wortel en beet daarop, plaas skuifies soetrissie op, en rol baie styf op.
  4. Smeer met bewell se olyfolie en Braai in ‘n toeklap rooster!


  

Eiervrug Braaibroodjies:

  1. Sny die eiervrugte in ronde skuiwe, en plaas is mikrogolf ood vir 2-3 minutes, mariner in olyf olie.
  2. Pak soos enige gewone braaibroodjie, geur met sout en peper, en plaa snog ‘n skuif bo op.
  3. Braai in ‘n toeklap rooster! 


Voorbereiding:

Weeg die bestandele af.

Sny en rasper al die bestandele soos benodig.

Kry die braaivleis vuur reg! 


Bedien met:

Vleis vir bykosse, of as ‘n hoofgereg in geheel indien die gaste nie vleis eet nie.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply