Hennie Fisher – Tempura
Hennie Fisher – Tempura
Tyd:
30 Min
Bedien:
6 Persone
Seekos
Bestanddele:
1 eiergeel
450ml yswater of baie koue borrelwater
1/8 teelepel koeksoda
180g koekmeel
750ml B-Well Canola diepbraai-olie
Murgpampoentjies in stokkies gesny
Groenboontjies - heel
Eiervrug in dun skyfies gesny
1 pakkie hoenderlewertjies skoongemaak en drooggemaak
Sampioen kwarte
Heel basil blare
Wortel in linte gesny
Metode:
Voorverhit die olie tot 190 grade Celsius.
Meng die meel en koeksoda met die eier en water met chopsticks baie vinning - nie meer as ‘n minuut nie.
Doop die groentes en hoenderlewertjies vinning in die beslag en diepbraai tot ligbruin!
Dreineer en bedien onmiddelik.
Bedien met groentee sout of tentsuya sous.