Hennie Fisher en Nicolene Oosthuizen - Africa Nougat
Hennie Fisher en Nicolene Oosthuizen - Africa Nougat
Tyd:
60 Min
Bedien:
12 mense
Soet
Bestanddele:
150g geroostered gekapte Kasjoe neute
5g gedroogde kamperfoelie blomme
50g gedroogde nagtergal
bessies
20g heel sorghum
150g heuning
300g wit strooisuiker
100g vloeibare glukose
100ml water
2 eier witte
5 ml vanielje ekstrak
'n knippie sout
1 vel ryspapier
BWell Canola olie
Versiersuiker
Metode:
- Sny die vel ryspapier in die helfde sodat dit op die bodem van 'n broodpannetjie pas.
- Smeer die kante van die pannetjie binne in met olie en bedek met versiersuiker.
- Maak die sorghum gaar in 'n pot soos met springmielies.
- Klits die eierwitte tot dit net skuimerig raak.
- Kook die heuning in 'n pot tot dit 121°C bereik en voeg die heuning stadig by die eierwitte terwyl die eierwitte geklits word.
- In 'n ander pot, kook die strooisuiker, glukose en water totdat die stroop 145°C bereik.
- Voeg die stroop stadig by die eierwitte terwyl daar aanhoudend steeds geklits word.
- Klits verder totdat die mengsel dik en glanserig is.
- Gebruik 'n groot lepel en roer die kasjoe neute, kamperfoelie blomme, nagtergal bessies, sorghum, vanielje ekstrak en 'n knippie sout vinnig by die nougat mengsel.
- Skraap die nougat mengsel in die voorbereide pannetjie.
- Smeer dit effens plat en plaas die ander helfde van die ryspapier vel bo-op.
- Druk die ryspapier plat en egalig op die nougat mengsel. Los dit om te stol vir 2 ure of oornag.
- Om die nougat uit die pannetjie te haal, maak die kante van die nougat los van die pannetjie en flip die nougat uit op 'n kap plank.
- Om die nougat te sny, maak 'n mes warm onder kookwater en sny dit versigtig in blokkies, terwyl die mes skoongevee word na elke sny.