Hennie Fisher –
Durbanse Atchar
Hennie Fisher – Durbanse Atchar

Tyd:
60 Min
Bedien:
10 Botteltjies
Sous
Bestanddele:
1500g groen mangoes, gewas,
in halfte gesny, pitte verwyder en in repies gesny
30g knoffel in repies gesny
30g vars gemmer in repies gesny
100g groen chillies, pitte verwyder en in repies gesny
100g tamaryn sonder pitte
375ml wit asyn
375ml B-Well canola olie
60g mosterdpoeier
300g suiker
60g wit sesame-saadjies
250g gebreekte grondboontjies
15ml fenegriek, fyngemaak
5ml droë rooi fyn chillies
15ml borrie
Sout
Metode:
- Meng die mango-repies met ‘n handvol growwe sout oornag.
- Die volgende dag, dreineer vloeistof, en spoel ligweg af, en laat mango op kombuishanddoek droog.
- Meng die mosterdpoeier met ‘n bietjie van die asyn en meng in die mango in.
- Warm die suiker oorblywende asyn en tamarin op en kook vir so rukkie tot stroperig, voeg by die mango by.
- Meng die borrie, die rooi chillies en die fenegriek in.
- Braai elkeen van die volgende apart in kwart hoeveelhede van die olie en voeg warm by die mango in - eers die knoffel, daarna die gemmer, dan die groen chillies en laastens die grondboontjies.
- Meng die sesame-saadjies by.
- Bottel in gesteriliseerde botteljies.
