Lanadene Bron –
Gevulde Soetrissies
Lanadene Bron – Gevulde Soetrissies
Tyd:
45 Min
Bedien:
3 Persone
Vleis
Bestanddele:
6 Soetrissies
½ koppie Rys
2 mediumgrootte Uie
5ml Knoffel
1g Sout
2g Peper
10ml Origanum
15ml Tamatiepuree
250g Spek
500g Maalvleis
1 blik Geblikte tamaties
250g Gerasperde Kaas
Metode:
- Voorverhit die oond op 150˚C.
- Kook die rys tot aldente.
- Sny die uie fyn en braai in B-Well olyfolie.
- Voeg die knoffel, sout, peper, en origanum by en braai.
- Braai daarna die spek en maalvleis tot net-net gaar.
- Voeg die gekapte tamaties by.
- Laat prut vir 10 minute.
- Meng met die gaar rys.
- Vul die gehalveerde soetrissies met die maalvleismengsel.
- Plaas in oond tot gaar vir 25 minute.
- Strooi kaas oor, en smelt vir 5 minute.