You are currently viewing Hennie Fisher – Tarte Tatin

Hennie Fisher – Tarte Tatin

Deel hierdie artikel

Hennie Fisher –

Tarte Tatin

Hennie Fisher – Tarte Tatin

Tyd:

2 Ure

Bedien:

12 Persone

Gebak

Bestanddele:

100g suiker vir die karamel laag

400g blaardeeg

(kommersieel of tuisgemaak)

12 Granny Smith appels,

geskil en in halfte gesny.

250g suiker

250g botter

350g water

1 vanilla stokkie

Metode:

  • Smelt die suiker droog oor hitte, sonder om te roer, tot mooi ligbruin in kleur en gooi in tert pan of spesiale Tarte Tatin pan.

  • Maak poesjeer vloeistof van die suiker, botter, water en vanielje-stokkie.

  • Poesjeer die appels in ‘n pot wat bietjie meer regop is as te plat.

  • Die appels moet lekker sag wees maar NIE uitmekaar val nie.

  • Plaas die appels regop, styf teen mekaar bo-op die karamel.

  • Bedek met die blaardeeg en bak by 180˚C vir ongeveer 1½ uur.

  • Laat effens afkoel en bedien uitgekeer op ‘n groot bedienbord.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply