Oupa Stephan en Ouma Karien Greyvenstein van Witrivier in Mpumalanga se enigste kleinseun het 27 Mei, een jaar oud geword hier in Pretoria. Dit was vir hulle baie sleg om as gevolg van die inperking nie hier te kon wees om die groot mylpaal te vier nie… Verder is Lize ‘n onafhanklike reisagent en die laaste 3 maande sonder enige inkomste en haar man, Louis is ‘n MS leier wat fisies nie in staat is om te werk of ‘n inkomste te verdien nie. Hulle woon by Lize se skoonouers, Leoné en Louis. Stephan en Karien noem hulle “engele van Bo!” In Oupa Stephan se briefie wat ons hier by GROOTfm ontvang het, skryf hy: “Hoe lekker sou dit wees om daar te kon wees? Net vir ‘n drukkie vir elkeen…” Ons kon nie die drukkie of die “daar wees” vir Stephan en Karien moontlik maak nie, maar Die GROOT Ontbyt het ‘n kampstige telefoniese onderhoud met Lize gereël om te gesels oor toerisme en die aanpassings tydens lockdown. Terwyl sy niksvermoedend op die telefoonlyn en voor die TV skerm gewag het, het ons ‘n boodskap van haar ouers op Die GROOT Ontbyt gespeel. Intussen het ons span buite haar skoonouers se huis gewag met ‘n geskenkie vir klein Louis. “Enigiets Lion King of Wildtuin” het Oupa Stephan gesê. En toe Johrné vir Lize op die telefoon groet, het hy gesê sy moet gaan kyk wat wag by die voordeur… ‘n Sagte leeutjie en tier, ‘n legkaart met regte hare op die welpie se voorkop en ‘n paar balonne om te wys ons vier saam. Baie dankie aan SPAR vir die geskenke asook die geskenkkaart vir Louis en Lize! Mag die Here ons leeutjie Louis seën en nog baie jare spaar met goeie gesondheid en baie geluk!
𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:
Vir al die fotos volg die skakel: Louis se 1ste verjaarsdag, 27 Mei 2020
Deel hierdie artikel