Boodskappe LUISTER NOU
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings – 29 Julie 2020

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings – 29 Julie 2020

Deel hierdie artikel

In ‘n woonstelletjie wat hulle huur by die kerk bly die Rust gesin – Pa Johan (52), Ma Yolande, 18-jarige Franco en kleinsus Bianca. Johan het ‘n paar jaar gelede sy werk verloor en na 2 jaar se CV’s uitstuur en vir onderhoude gaan net om elke keer te hoor hy is te oud, het hy begin om kosaflewerings te doen. Die verskil is net dat hierdie gesin van 4 die aflewerings saam doen, sodra ma Yolande by die huis kom, want sy is Johan se oë. Johan is ‘n diabeet en sukkel met katarakke, maar ‘n trotse pa wat sy kinders wil leer van harde werk. Saam-saam het hulle al geleer om die uitdagings van die lewe met ‘n tikkie humor te hanteer, ook die vreemde kyke van mense as hulle stop om die kos af te laai of om net eenvoudig op te staan en weer te probeer as die “hacker” op ‘n slinkse manier jou hele week se hardverdiende geld gesteel het. Maar dis ‘n gesin wat ook vertrou vir ‘n deurbraak en hoop vir ‘n betroubare kar en dalk ‘n geleentheid vir Franco om ‘n ambag te leer.

Danksy SPAR kon ons hierdie gesin seën met ‘n geskenkkaart en ‘n R2500 bydrae vir die kar se herstel, maar vir almal van ons wat so bevoorreg is om sommer vinnig ‘n wegneemete op ons foon te bestel – weet dat jou R50 of R100 tip vir ‘n gesin soos hierdie soos manna uit die hemel is en maak dat hulle vandag weer kan sê: “Ons is nie sukkelaars nie. Ons survive. Ons is geseënd.”

Indien jy graag ‘n bydrae wil maak, is jy welkom om ‘n e-pos te stuur na lindie@grootfm.co.za

𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:

Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings – 29 Julie 2020

Deel hierdie artikel

Leave a Reply

Close Menu