You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie

Deel hierdie artikel

Laerskool Kameeldrift is aan die weste kant van Pretoria tussen die plotte geleë, omring deur 5 informele nedersettings. Onder die nederige en diensbare leierskap van skoolhoof, Marina van Niekerk, het leerdergetalle van 82 in 2007 tot 705 gegroei en sien sy en haar span wonderwerk op wonderwerk soos God vir haar kinders voorsien in elke behoefte – van klere en toiletware tot kos en skryfbehoeftes waarby GROOTfm 90.5 ook al betrokke was. Ons het in 2019 as deel van ons stasie se verjaarsdag, groentetuine help plant in die 5 tonnels wat vir die skool se voedingskema voorsien. 345 kinders eet 2 maaltye ‘n dag en tydens die inperking het die skool saam met die gemeenskap aan 400 behoeftige gesinne kos voorsien. Ongelukkig was die skool ook in hierdie tyd die slagoffer van ‘n inbraak met verlies aan al hulle elektriese- en ander gereedskap, verf vir die geboue en sportklere waarvoor hulle so lank gewag het. “Maar die Here sal voorsien – soos Hy nog altyd het,” getuig Marina en dis ook wat sy haar kinders leer – “Volg jou drome. Glo en vertrou. God sal voorsien.” Namens GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense projek, baie, baie dankie vir Vision Properties en ORCA se skenking van R20 000 vir Laerskool Kameeldrift.

GROOTfm 90.5 saam met We Can is besig met ‘n insameling vir die 400 gesinne van Laerskool Kameeldrift en jy kan ons help! Borg ‘n kospak wat bestaan uit 6kg groente en 2,5kg mieliemeel vir slegs R49. Al die besonderhede is op die webblad www.wecansa.co.za.

𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:

Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie

Deel hierdie artikel

Leave a Reply