You are currently viewing #JouMenseMyMense – Drihan van Rhyn | GROOTfm 90.5 |  26 November 2025

#JouMenseMyMense – Drihan van Rhyn | GROOTfm 90.5 | 26 November 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Drihan van Rhyn | 26 November 2025  | GROOTfm 90.5

Belinda van Ryhn het ’n boodskap gestuur waarin sy pleit vir finansiële hulp vir haar seun wat besig is met ’n Occupational Qualification by PCD College (spesialiseer in loodgieter-opleiding). Hy wil dit in vier jaar voltooi en is tans aan die einde van sy eerste jaar. Ma Belinda kom uit ’n afbrekende verhouding en is gelos met baie finansiële skuld – so dat sy glad nie tans ’n bydrae kan lewer ten bate van Drihan se studies nie. Belinda is ’n hardwerkende mamma en soek tans werk vir naweke ook om alles te kan dek. Belinda se man en Drihan se pa is in 2017 oorlede, en toe het veral Drihan homself op ’n grondpad bevind. Ten spyte van baie uitdagings, sien Ma Belinda God se getrouheid in elke oomblik en na baie gebed het Drihan uit ’n negatiewe omgewing getrek, en is hulle verhouding as ma en seun besig om weer sterker te word.

Belinda se grootste wens vir Drihan is dat hy sy pad saam met sy Skepper sal stap.
Dat hy altyd nederig en dankbaar sal bly – in goeie én moeilike tye. En dat hy ’n goeie werk sal kry en sy lewe sal bou op sterk waardes.

Haar leuse is Filippense 4:13 – Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Want niks is vir God onmoontlik nie.

Belinda en Drihan het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply