#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste huweliksherdenking

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste huweliksherdenking

Deel hierdie artikel
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste huweliksherdenking

Oom André en Tannie Louis Brand het op die 12de September hulle 50ste huweliksherdenking gevier, maar wat hierdie mylpaal ekstra spesiaal maak, is dat beide van hulle serebraal gestremd is.  Behalwe vir hulle daaglikse uitdagings het hulle ook maar teenkanting gekry toe hulle destyds gesê het hulle gaan trou en selfs die medici het hulle gewaarsku toe hulle graag met ‘n gesin wou begin. Na nege jaar se getroude lewe is hulle eerste en toe later tweede kind gebore en vandag is hulle ‘n trotse ouma en oupa van vier kleinkinders in wie se lewens hulle baie betrokke is.

Baie van ons glo jy moet eers alles in plek hê voor jy kan trou, maar hierdie twee mense het absoluut niks gehad.  Wel die keuse om van dag een af die Here in die middel te laat loop..

Hulle moes die troue eers uitstel toe Oom André se pa oorlede is en hy het besef hy sal nie op die ongeskiktheidstoelaag kan oorleef nie. Op ‘n dag ry hy toe met sy rolstoel verby Unie Winkel in Kerkstraat en toe hy ingaan om te hoor of hy nie dalk ‘n hysbak bediener kan word nie, het hy dadelik die pos gekry en die volgende dag begin vir R300 ‘n maand. Op 73-jarige ouderdom werk hy steeds in sekuriteit en bestuur nog sy eie kar.

Hulle skoonseun, Andy by wie hulle woon in Daspoort het vir ons die e-pos gestuur en ons het hulle toe gaan verras met onder andere ‘n SPAR geskenkkaart!

#LuisterWeer hier na Oom André en Tannie Louis se geheim om vir 50 jaar lank so gelukkig getroud te wees

Vir al die fotos volg die skakel: Paartjie met gestremdheid vier 50ste huweliksherdenking

Deel hierdie artikel

Leave a Reply