#JouMenseMyMense – Roodeplaat Brandverligting, 9 Oktober 2024
Na aanleiding van ‘n brand wat talle huise in die Roodeplaat/Kameeldrif-omgewing in Pretoria verwoes het, het GROOTfm 90.5 besluit om betrokke te raak by die organisasies en brawe vrywilligers wat hierdie brande vreesloos veg. Ook terwyl hulle hul eie lewens waag vir die veiligheid en beskerming van ander. Kamcare is die nie-winsgewende organisasie wat die gemeenskap onder hul vlerk geneem het, en verskeie goedere ingesamel het.
Alhoewel hulle reeds baie klereskenkings ontvang het, is die nood baie groot, met inwoners van hierdie 13 huise wat nou haweloos gelaat is. Terwyl die individue wag op ‘n hoopvolle versekeringseis en -terugbetaling, sit hulle in nood gedompel met onder meer familie waar hulle nou skuiling vind.
Pieter Braak is die hoof koordineerder en voorsitter van die Roodeplaat Brand Beskermingsvereeniging (ook bekend as die FPA – “Fire Protection Association”). Hy en Alwine Strauss van Kamcare het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel