#JouMenseMyMense – Leigh-Anne | 1 April 2026 | GROOTfm 90.5
Leigh-Ann Meyer is ‘n 15-jarige dogter wat met radikale skoliose gediagnoseer is. Sy is een van 5 sibbe (Mecayla, Stiaan, William and Rivkah). Voor haar diagnose koester sy ’n onblusbare passie vir sport en boer.
Leigh-Anne was ’n uitsonderlike langafstand-atleet en het deelgeneem aan die 800-, 1 500- en 3 000m-items, en was boonop ook ’n uitstekende hokkiespeler. Nie net het sy ’n talent en liefde vir sport nie, maar sports, en het ook deelgevorm van die skool se revue-span. Hierdie was alles tydens haar twee-jaar hoërskoolloopbaan by Die Hoërskool Menlopark…totdat haar pyn begin veroorsaak het dat sy geleenthede mis en snags sukkel om asem te haal.
Sy moet daagliks pynmedikasie neem, wat min verligting bring. As gevolg van haar skoliose word haar regterlong saamgedruk en funksioneer tans slegs op 50%. ’n Opvolgafspraak by die dokter en X-strale het getoon dat haar rug vinnig agteruitgaan. Sedert Augustus het die kromming tot 105 grade toegeneem.
Hoe langer daar gewag word, hoe groter is die risiko van die operasie en hoe kleiner die kans op ’n reguit rug ná die operasie. As gevolg van die verswakking van haar ruggraat het Leigh-Anne haar beurs by Hoërskool Menlopark verloor, en sy doen tans tuisonderrig. Leigh-Ann, haar Ma Santonja en haar Pa, Riaan, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
