#JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré
Baba Diandré Labuschagne is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel.
Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe later 5 dae. Verskillende dokters en spesialiste het almal verskillende opinies gehad oor wat die beste behandeling sou wees. Op die ou end is klein Diandré einde Julie geopereer om die gewas te verwyder.
Ongelukkig het sy brein reeds baie skade gehad en hy is gediagnoseer met Spastiese SerebraleGestremdheid. Hy is breinblind en –doof wat beteken sy brein herken nie dit wat hy sien of hoor nie en hy kan ook nog nie emosie wys soos lag en huil nie.
Ons het vir Mamma Marizelle en Pappa Leon by die kantore van Renaissance SA Ratings ontmoet waar Marizelle se ma, Amanda en sussie, Monique werk asook Anelize van den Berg wat vir ons die e-pos gestuur het. Sy het vertel van die waentjie wat Diandré dringend nodig het op aanbeveling van die arbeidsterapeut om sy postuur weer reg te trek en om vir sy nek die nodige ondersteuning te gee. Die kantoorpersoneel van Reinaissance SA Ratings het die eerste R10 000 bymekaar gemaak vir die spesiale stroller, GROOTfm 90.5 se JouMenseMyMense die balans en Chris Booysen van Wheelchairsontherun het ons gehelp om die beste en ‘n gebruikersvriendelike een te vind waarmee ons hulle kon verras.
Dit voel egter of die ontmoeting met hierdie gesin oor meer as die stroller, SPAR geskenkkaart of gebedskussing vir klein Diandré gegaan het… Dit was ‘n gebaar van omgee om vir ‘n gesin die tasbare ondersteuning van ‘n gemeenskap te wys en net weer ‘n besef van ‘n gedeelde las wat ‘n ligter las is…
https://www.facebook.com/pg/Prayers-For-Diandre-Labuschagne-113531983707078/posts/
#LuisterWeer hier:
Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré
Deel hierdie artikel