#JouMenseMyMense – HOOP vir MJ Sonders
MJ is ‘n jong seun met ‘n rare toestand. Mamma Katryn deel met ons die volgende: “Mj is my enigste kind, my hartklop en my lewe. Mj is verwek met kunsmatige inseminasie na 32 probeerslae en baie trane en baie opgewondenheid”. MJ was ‘n “gewone klein seuntjie” met ‘n liefde vir Bulletjie-rugby, karate en krieket, maar in Graad 2 word hy siek en het ‘n koorstelling van bo 40 grade. Hy word met longontsteking gediagnoseer, maar, die pediater noem dat daar abnormaliteite en bloed in sy urine is. Die dokter deel met die gesin dat MJ ‘n vergrote nier het, en onmiddellik alle kontak-sport moet staak. Die teleurstelling was groot, en die ervaring traumaties. Ten spyte van afknouery omdat hy nie meer saam met sy maats kon speel nie, het hy nie ophou deelneem aan dit waarvoor hy lief is nie. Al het kontak-sport in die slag gebly.
Van jongs af was hy ook baie lief vir drama en sing, en begin toe revue in die laerskool beoefen. Hier word hy deel van ‘n nuwe groep maats wat dieselfde liefde en passie deel. Intussen sien hulle die spesialis elke ses met die hoop dat soos sy lyf groei, hy in die nier in sal groei. Maar MJ word al hoe meer kwes- en vatbaar vir nier- en blaasinfeksies. In Graad 4 word hy gekies om ‘n solo-item te sing, en is dadelik verlief! Hy sluit aan by die Magaliesberg-kinderkoor en hy wen die trofee vir die beste solis. Tydens Covid het MJ tuisonderrig gekry, omdat sy immuunstelsel ‘n gesondheidsrisiko ingehou het, en aan die einde van Graad 6 word hy as leier van sy laerskool verkies. Hy word die voorsitter van die kultuurraad!
Sy ma, Katryn, sê hy is ‘n wonderlike, talentvolle seun wat moes aanvaar van kleins af dat die lewe soms lelike klippe na jou toe gooi… MJ neem tans deel aan redenaars, die Eistedfodd en kry ‘n staande aplous van die beoordelaars vir die Ava Maria. Hy wen verlede jaar die ATKV-toekennings vir beste junior in klassieke musiek. Hierna volg nog talle toekennings.
MJ is tans ‘n Graad 8-leerder in Hoërskool Wonderboom, waar hy floreer! Hy speel nou ook klavier en is besig met sy Graad 3 Unisa eksamen. Hy is ook ‘n paar weke terug aangewys as die Wonnie Idol! Katryn sê hy sing heeltyd, en, Pavarotti is een van sy gunstelinge! Sang vernuwe sy gees…en, die dag voor sy ouma se dood, het hy vir haar die Oorwinningslied gesing, waarna sy nie weer wakker geword het nie. Sy was sy grootste aanhanger!
MJ en sy ma, Katryn, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel